Die stamvader Pieter Swanepoel is op 26 Januarie 1678 op Nieuwmunster gebore, 'n polderdorpie wes van Brugge wat vandag deel van die gemeente Zuienkerke in Wes-Vlaandere (België) is. Hy was nie 'n Nederlander uit Gelderland nie, soos ouer boeke sê, maar 'n Vlaming uit 'n familie van meulenaars.
Hierdie bladsy vat die navorsing van Roland Verté, Adriaan Swanepoel en Geert Tavernier (2012) saam, aangevul uit die Kaapse argief en Geni. Groen = bewys uit 'n akte; geel = waarskynlik; rooi = moontlik. Die voorouers staan in die CSV en GEDCOM onder die kodes v1 tot v4; die webwerf se boom begin steeds by a1.
Die lyn na Pieter toe
- Pieter Zwaenepoel v4moontlikGebore voor ±1575. Net bekend omdat sy seun Jan in 1626 "Jan Zwaenepoel filius Pieters" genoem word. Die Zwaenepoels van Hooglede, Kortemark, Leke en Staden was reeds in die 16de eeu 'n familie van meulenaars.
- Jan Zwaenepoel v3moontlikMeulenaar op Hooglede (volkstelling 1615–1616, vrou Pauwelyne Kersteloot). Sewe kinders daar gedoop 1606–1618, waaronder Pieter op 15.12.1606. Mede-eienaar van die windmeule op Hooglede (1614). Begrawe 5.2.1645 of oorlede 23.1.1648 op Hooglede.
- Pieter Swaenepoel v2waarskynlikMeulenaar van die Dullemolen (Oostmolen) op Zuienkerke, op die grens met Dudzele-ambag; betaal parogiekoste daar 1643–1652 en verdwyn in 1652. Getroud met Janneken Volbrecht (gebore ±1628, dogter van Jacques Volbrecht en Mayken Dicx van Zuienkerke). In 'n akte van 13.12.1652 word hy "seun van Jan" en "vremde van desen lande" genoem: nie in die Brugse Vrije gebore nie.
- Jan Swaenepoel v1bewysGebore ±1645, waarskynlik in die meulhuis van die Dullemolen (kerklik Zuienkerke, burgerlik Dudzele). Trou 3.5.1667 op Gistel met Maria (Maeyken) Herebout, dogter van Joris Herebout en Maria van Hille; getuie: Pieter Swaenepoel. 'n Akte van 12.11.1667 noem hom "seun van Pieter" en "vrijlaat van het Brugse Vrije in het ambacht van Dudzele". Woon in Brugge (1668) en Klemskerke (1670); vroeg in 1672 neem hy die pag van die dorpsmeule van Nieuwmunster oor (met 'n hofsaak oor 17 pond groten) en hou in 1676 die toringwag. Sy vrou sterf 29.1.1685 op Nieuwmunster en word dieselfde dag begrawe. Daarna verdwyn hy en die kinders uit die registers.
- Gebore 26.1.1678, gedoop 30.1.1678 op Nieuwmunster as Petrus, filius Joannis Swaenepoel et Mariae Herrebout (peter Joannes Geleins, meter Barbara Soetaert). Aan die Kaap in of kort voor 1699; vryburger 1700; x 1.5.1712 Stellenbosch Maria Sibella Sachs. Noem sy leenplaas oor die Breërivier Nieuw Munster. Oorlede ±1757.
Anno 1678. Die 30 januarij 1678. Baptizavi Petrum filium Joannis Swaenepoel et Mariae Herrebout coniugum. Patrini fuit Joannes Geleins et Barbara Soetaert. Natus est 26 eiusdem.Doopregister van Nieuwmunster, aangehaal in Verté, Swanepoel & Tavernier 2012, bl. 124.
Pieter se broers en susters
Kinders van Jan Swaenepoel en Maria Herebout. Vyf het jonk gesterf; van Jan, Rosa en Judoca is niks verder bekend nie. Pieter het sy dogter b4 Rosa na sy suster genoem.
| Kode | Naam | Gedoop / gebore | Oorlede | Plek |
|---|---|---|---|---|
| v1c1 | Helena | ≈ 13.4.1668 (O.L.V.-kerk, Brugge) | †begr. 5.2.1681, ±10 jaar | Brugge; Nieuwmunster |
| v1c2 | Jan (Joannes), tweeling | ≈ 17.8.1670 | Klemskerke | |
| v1c3 | Rosa, tweeling | ≈ 17.8.1670 | Klemskerke | |
| v1c4 | Maria | * 27.9.1672 | †9.11.1676, ±3½ jaar | Nieuwmunster |
| v1c5 | 'n seun (naam onbekend) | * ±1674 | †begr. 2.10.1680, ±6 jaar | Nieuwmunster |
| v1c6 | Guillielmus (Willem) | * 13.1.1675 | †28.10.1675, 11 maande | Nieuwmunster |
| v1c7 | Guillielmus (Willem) | * ±Jan. 1676 | †12.10.1676, ±9 maande | Nieuwmunster |
| v1c8 | Judoca | * 30.9.1676 | Nieuwmunster | |
| a1 | Petrus (Pieter) | * 26.1.1678, ≈ 30.1.1678 | †±1757 aan die Kaap | Nieuwmunster |
Die familie van sy ma, Maria Herebout
- ouersJoris Herebout (±1612–±1682) x Maria van Hille (±1614–±1643), van Gistel. Joris kon nie skryf nie; hy teken in 1667 saam met Jan en Maeyken 'n verkoopakte van 700 roeden grond op Gistel wat Maria van haar ma geërf het.
- oupaCharles van Hille (seun van Eloy en Cornelie Berrels), †16.7.1628 Beerst, x Marie Capoen (dogter van Jan Capoen en Magdalene Wetsteen), †Des. 1628 Beerst. Drie kinders: Maeicken (±1614), Fransynken (±1617), Jacques (±1621); voogde Joris van Hille en Jan Capoen. Grond op Roksem en 'n deel van 'n hoewe.
Die familie van sy ouma, Janneken Volbrecht
- ouersJacques Volbrecht (seun van Jan), landbouer, x (1) Magdalene Allaert (†7.10.1626 Zuienkerke, vier kinders), x (2) huwelikskontrak 1.4.1627 Brugge Marie (Mayken) Dicx, †28.7.1628 Zuienkerke, in die kerk begrawe. Janneken was hul enigste kind.
- oupaCornelis Dicx (†10.1.1621) x Willemyne De Wilde (†15.1.1624), vrylate van Oostkerke by Damme; ses kinders.
Pieter se lewe aan die Kaap
- 1699'n Soldaat "Pieter Jansz" verskyn in die monsterrol van offisiere, matrose en soldate; in 1700 nie meer nie, maar dan is Pieter Swanepoel vryburger in die distrik Stellenbosch. Geen 1698-rol het behoue gebly nie.
- 1701Eerste keer op die generale monsterrol as soldaat (infanteris) onder kaptein Barend Burget, en op die opgaafrol as vryburger.
- 1702Monsterrol van vrye lieden, 23 Januarie: vryburger in die distrik Drakenstein.
- 170917 September: toestemming van Louis van Assenburgh om beeste en skape oor die Breërivier onder die Witzenberg in die Land van Waveren te laat wei. 1709–1712 jaarliks vergunning om twee mud graan te oes.
- 17121 Mei: trou op Stellenbosch met Maria Sibella Sachs, weduwee van Johann Christoffel Hack, gebore in Duitsland (Egeln by Maagdeburg), dogter van Joachim Sachs en Susanna Holswig van Sachsenburg aan die Kuilsrivier. Stiefdogters Maria Magdalena (1708) en Anna Christina Hack (1711). Koop 27.4.1712 ook 'n erf by Kalbaskraal (verkoop 1716).
- 1715Desember: in 'n groep van 30 man op soek na vee wat Khoi van Joost Bevernagie geroof het; word met 'n assegaai aan die bobeen gewond. Vroeër het Khoi 70 skape en 13 beeste van hom geroof.
- 1716Versoek om sy leenplaas Nieuw Munster ("door hem Nieuw Munster genaamt en al over de ses jaren bebouwt") in eiendom te kry; toegestaan 5.5.1716. Sy eie opgaaf van April 1716: 6 mud saaigraan gee 60 mud, 'n kneg, 'n slavin, 24 beeste, 7 perde, 4 varke, skape. Hy skryf self en teken "Swaenepoel".
- 1720s6 000 wingerdstokke, 500 skape, 120 beeste, 3 slawe en 'n perd.
- 172917 Februarie tot 1 Februarie 1730: huur 'n privaat skoolmeester vir die kinders.
- 174726 Oktober: dra Nieuw Munster oor aan sy skoonseun Johannes Hendrik Conradie (man van Rosa, b4).
- ±1757Laaste keer op die opgaafrol van Drakenstein (1757); oorlede omstreeks 1757–1758, ongeveer 79 jaar oud, moontlik in die Poespasvallei suidwes van Robertson.
Wat ons nog nie weet nie
- Die bewys dat die Kaapse Pieter Jansz en die Nieuwmunsterse Petrus dieselfde man is is sterk maar indirek: die plaasnaam Nieuw Munster, die Vlaamse spelling Swaenepoel in sy eie handskrif, die patroniem Jansz (seun van Jan), en 'n ouderdom van ±21 by aankoms. Geen skeepsoldyboek is nog gevind nie; die VOC-opvarendes-databasis van die Nasionaal Archief begin eers in 1700.
- Wat van Jan Swaenepoel en die kinders ná Januarie 1685 geword het. Moontlik het hy hertrou en Nederland toe getrek (die Fransche contributie het boere en meulenaars rondom 1685–1695 verarm). Dit sou verklaar waarom Pieter sy naam op die Nederlandse manier, met Jansz, geskryf het. 'n Jan Swanepoel was 1680–1682 meulenaarskneg op Oostburg in Zeeus-Vlaandere en het uit die tronk ontsnap, maar dit is waarskynlik iemand anders.
- Die skakel Zuienkerke–Hooglede (v2 = die Pieter wat in 1606 op Hooglede gedoop is) berus net op die naam, die beroep en die skaarsheid van Swaenepoels rondom Brugge.
Bronne
- Roland Verté, Adriaan Swanepoel & Geert Tavernier, De Zuid-Afrikaanse kolonist Pieter Swanepoel (°1678) en zijn West-Vlaamse roots, in: Rond de poldertorens 2012 nr 4, bl. 119–138. PDF (1,8 MB), ook by Kenniscentrum HEY, Knokke-Heist. Bronne daarin: parogieregisters van Gistel, Brugge (O.L.V.), Klemskerke, Nieuwmunster, Zuienkerke en Hooglede; Rijksarchief Brugge, registers van het Brugse Vrije (INV15-16) nrs 16260, 16073, 16092, 16485, 4359; staten van goed en processen van het Brugse Vrije; Kaapse Argiefbewaarplek C.223 (Requesten en Nominatiën 1715–1716, nr 83) en J184 (opgaafrolle Stellenbosch en Drakenstein).
- A.J. Swanepoel, Stamvader Pieter Jansz Swanepoel, in: Familia 1985, bl. 90–92; A.J. & A.M. Swanepoel, 'n Geslagregister van Swanepoel-families in Suid-Afrika, Pretoria 1999 (CD 2015).
- C.H. Swanepoel, Pieter Jansz. Swanepoel en Maria Sibella Sachs, ongepubliseerde manuskrip 1999; C.H. Swanepoel, 'n Tak van die Swanepoel-familie in Suid-Afrika, 1699 tot 1999, MA, Universiteit Stellenbosch 2003 (scholar.sun.ac.za).
- Swanepoel genealogie: Stamvader Pieter Swanepoel (Kalbaskraal, Poespasvallei, die kinders se huwelike) en Geni: Pieter Jansz Swanepoel, SV/PROG.
- Die ouer, foutiewe stelling dat hy uit Nederland of Gelderland kom: Colenbrander, De afkomst der Boeren (1964); Malherbe, Stamregister (1966); Theunissen in Die Brandwag (1946); Pama, Groot Afrikaanse Familienaamboek (1983).